{"id":20291,"date":"2023-03-17T11:11:43","date_gmt":"2023-03-17T09:11:43","guid":{"rendered":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=20291"},"modified":"2023-03-17T11:11:43","modified_gmt":"2023-03-17T09:11:43","slug":"pumas-vol-selfvertroue-voor-kragmeting-teen-die-leeus","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/pumas-vol-selfvertroue-voor-kragmeting-teen-die-leeus\/","title":{"rendered":"Pumas vol selfvertroue voor kragmeting teen die Leeus"},"content":{"rendered":"

Die Airlink Pumas is vanmiddag die gunstelinge wanneer hulle hul eerste tuiswedstryd in vanjaar se Curriebeker teen die Leeus speel.
\nDie span het hul verdediging van die Curriebeker-titel Sondag op indrukwekkende wyse afgeskop deur die Bulle met 63-15 te laat les ops\u00ea.
\nDie Pumas is moeilik om tuis te wen en hoewel hulle sonder die meesterlike Tinus de Beer moet klaarkom weens \u2018n besering, is die talentvolle Leeu-span onervare.
\nSien die Puma-span hier:<\/strong> Twee veranderinge aan Pumas vir Lions in Mbombela<\/a>
\nDie pienktruie het ook vier uit hul vyf laaste kragmetings met die Leeus gewen.
\nHoofafrigter, Jimmy Stonehouse, s\u00ea die span is fiks en vol selfvertroue.
\nHulle het aan die einde van 2022 heelwat spelers verloor, maar het baie talent bygekry vir 2023.
\nHy vertel meer oor hul voorbereiding. Luister weer hier.
\n