{"id":20201,"date":"2023-03-20T13:07:00","date_gmt":"2023-03-20T11:07:00","guid":{"rendered":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=20201"},"modified":"2023-03-20T13:12:07","modified_gmt":"2023-03-20T11:12:07","slug":"20201-2","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/20201-2\/","title":{"rendered":"Tweede verdagte vas vir moord op verkeersbeampte"},"content":{"rendered":"

‘n Tweede verdagte is aangekeer vir die moord verlede Saterdag op \u2018n verkeersbeampte.<\/p>\n

Die 60-jarige Judas Chiloane is langs die pad tussen Hazyview en Graskop doodgeskiet deur twee gewapende mans.<\/p>\n

Die 45-jarige verdagte het van die misdaadtoneel gevlug. Die Valke het hom by sy huis in Nyongane, Hazyview aangekeer.<\/p>\n

Hy sal die week in die hof verskyn.<\/p>\n

Sy medebeskuldigde, Charles Mabuza, verskyn weer Donderdag, 23 Maart, in die Witrivier-landdroshof. Hy bly in aanhouding.<\/p>\n

==========<\/p>\n

Mans in hof na moord op verkeersbeampte – 15 Maart 15:47<\/strong><\/p>\n

Twee verdagtes het vandag afsonderlik in die Witrivier-landdroshof verskyn na die moord op \u2018n verkeersbeampte.<\/p>\n

Judas Chiloane (60) was die hoof munisipale verskeersbeampte.<\/p>\n

Hy is Saterdag langs die pad tussen Hazyview en Graskop doodgeskiet.<\/p>\n

\"\"
\nDie woordvoerder van die Valke in Mpumalanga, kapt. Dineo Sekgotodi, s\u00ea hy was saam met \u2018n vriendin langs die pad geparkeer toe gewapende mans uit die bosse verskyn.<\/p>\n

Hulle het sy vuurwapen by hom afgeneem en hom geskiet voor hulle op die vlug geslaan het.<\/p>\n

Hy is later op die toneel dood verklaar.<\/p>\n

Twee verdagtes is Maandag by Shabalala Trust naby Hazyview aangekeer.<\/p>\n