{"id":20014,"date":"2023-03-09T11:18:09","date_gmt":"2023-03-09T09:18:09","guid":{"rendered":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=20014"},"modified":"2023-03-09T13:36:44","modified_gmt":"2023-03-09T11:36:44","slug":"n4-botsing-eis-die-lewe-van-twee-skoolkinders","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/n4-botsing-eis-die-lewe-van-twee-skoolkinders\/","title":{"rendered":"N4-botsing eis die lewe van twee skoolkinders"},"content":{"rendered":"

Twee skoliere is vroeg vanoggend in \u2018n ongeluk op die N4 dood.<\/p>\n

Volgens die Mpumalanga departement van gemeenskapsveiligheid het twee minibus-taxi\u2019s en \u2018n vragmotor tussen Vosman en eMalahleni (Witbank) gebots.<\/p>\n

Leerlinge van Ezinambeni was onderweg na Duvha Primary, Laerskool Tasbet, Ilanga Sekond\u00ear, Greendale Combined en TP Sililo Sekond\u00ear.<\/p>\n

Twee leerlinge van Greendale Combined School is dood.\u00a0Verskeie leerlinge is ook beseer en hospitaal toe geneem vir behandeling.<\/p>\n

Die woordvoerder van die departement, Moeti Mmusi, s\u00ea almal het in dieselfde rigting gery.<\/p>\n\n\t\t