{"id":19971,"date":"2023-03-03T15:46:49","date_gmt":"2023-03-03T13:46:49","guid":{"rendered":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=19971"},"modified":"2023-03-09T10:22:03","modified_gmt":"2023-03-09T08:22:03","slug":"kommer-oor-chroniese-tekort-aan-ambulanse","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/kommer-oor-chroniese-tekort-aan-ambulanse\/","title":{"rendered":"Kommer oor ‘chroniese’ tekort aan ambulanse"},"content":{"rendered":"

Die DA in Mpumalanga s\u00ea die LUR vir gesondheid, Sasekani Manzini, moet aanvaar dat daar ‘n chroniese tekort aan ambulanse in die provinsie is en iets daaromtrent doen.
\nJane Sithole s\u00ea nooddienste neem gevolglik baie lank om op noodgevalle te reageer.
\nDie departement se jongste kwartaalverslag dui aan dat 100-persent van reaksietyd teikens behaal is.
\nVolgens Sithole het die departement egter die afgelope drie maande \u2018n verdere 12 operasionele ambulanse verloor, wat die totaal vir die hele provinsie op 60 te staan bring.
\nDie aanvaarde norme en standaarde vereis een ambulans per 10 000 mense.
\n\u201cDit beteken Mpumalanga behoort 474 volledig operasionele ambulanse tot sy beskikking te h\u00ea,\u201d s\u00ea Sithole.
\nSy voeg by die vraag na die dienste het die afgelope kwartaal toegeneem met 3 401.
\n