{"id":19862,"date":"2023-03-01T15:42:51","date_gmt":"2023-03-01T13:42:51","guid":{"rendered":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=19862"},"modified":"2023-03-01T15:42:51","modified_gmt":"2023-03-01T13:42:51","slug":"da-munisipaliteite-faal-premier-moet-ingryp","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/da-munisipaliteite-faal-premier-moet-ingryp\/","title":{"rendered":"DA: Munisipaliteite faal, premier moet ingryp"},"content":{"rendered":"

Die DA in Mpumalanga s\u00ea al 17 plaaslike munisipaliteite in Mpumalanga sowel as die drie distrikte kan nie behoorlike dienste lewer nie weens hul eie mislukking om gelde wat aan hulle verskuldig is, in te samel.
\nVolgens Trudie Grov\u00e8-Morgan moes die Premier, Refilwe Mtsweni-Tsipane, die kwessie in haar provinsiale rede Vrydag aangespreek het.
\nSy s\u00ea die geld wat hulle krediteure skuld het tussen 2019\/20 en 2020\/21 toegeneem tot R16,5 miljard.
\nVolgens Grov\u00e8-Morgan word krediteure gevolglik nie binne 30 dae betaal nie.
\nNkangala-distrik skuld meer as R7 miljard met \u2018n betalingskoers van 286 dae. Gert Sibande-distrik skuld R6,5 miljard en het \u2018n betalingskoers van 514 dae. Ehlanzeni-distrik skuld ongeveer R3 miljard en het \u2018n betalingskoers van 323 dae.
\nDie owerhede wat in die 2020\/21 boekjaar die grootste tekorte aangemeld het, is eMalahleni (R671 miljoen), Govan Mbeki (R608 miljoen), Mbombela (R383 miljoen), Lekwa (R329 miljoen) en Thaba Chweu (R305 miljoen).
\nSy s\u00ea die premier moet ingryp, en \u2018n oudit doen om te bepaal of senior amptenare gekwalifiseerd is vir hul poste.
\n