{"id":19848,"date":"2023-03-01T12:16:04","date_gmt":"2023-03-01T10:16:04","guid":{"rendered":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=19848"},"modified":"2023-03-01T12:16:04","modified_gmt":"2023-03-01T10:16:04","slug":"laeveld-ervaring-belastingvoordele-vir-alternatiewe-krag-verwelkom","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/laeveld-ervaring-belastingvoordele-vir-alternatiewe-krag-verwelkom\/","title":{"rendered":"Laeveld Ervaring: Belastingvoordele vir alternatiewe krag verwelkom"},"content":{"rendered":"

Sakeondernemings kan hierdie belastingjaar 125% van hul belasting aftrek vir enige alternatiewe energie en gepaardgaande infrastruktuur wat hulle installeer.
\nDit is verlede week deur die minister van finansies, Enoch Godongwana, tydens sy begrotingsrede aangekondig en laat die Kruger-Laeveld-sakekamer (KLCBT) jubel.
\n\u201cAs jy R100 000 spandeer, kan jy R125 000 van jou belasting aftrek,\u201d s\u00ea Linda Grimbeek.
\nIndividue kan ook eenmalig 25% aftrek van geld wat hulle op spesifiek sonpanele spandeer – met \u2018n beperking van R15 000.
\nSy gesels met Robin. Luister weer hier.
\n