{"id":19459,"date":"2023-02-17T12:19:56","date_gmt":"2023-02-17T10:19:56","guid":{"rendered":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=19459"},"modified":"2023-02-17T12:25:15","modified_gmt":"2023-02-17T10:25:15","slug":"polisie-waarsku-teen-kanse-waag-terwyl-brue-en-paaie-oorstroom","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/polisie-waarsku-teen-kanse-waag-terwyl-brue-en-paaie-oorstroom\/","title":{"rendered":"Polisie waarsku teen kanse waag terwyl br\u00fbe en paaie oorstroom"},"content":{"rendered":"

Die polisie vra dat mense wegbly van br\u00fbe oor damme en riviere wat oorstroom weens volgehoue swaar re\u00ebn.
\nDie liggame van twee mense is die afgelope week uit watermassas in die Laeveld gehaal.
\nLees ook:<\/strong> Sowat 300 gesinne ontruim weens oorstromings in Nkomazi<\/a>
\nPolisieduikers en gemeenskapslede soek steeds na vier mense wat vermis word en na vermoede verdrink het in Nkomazi.
\nVyf mense is gister gered na hul vragmotor in Amersfoort meegesleur is.
\nDie polisiewoordvoerder in Mpumalanga, brig. Selvy Mohlala, s\u00ea hulle het die burg by die Schuilspruit-dam probeer oorsteek.
\n\u2018n Motoris van Rustenburg moes die middag ook uit sy bakkie gered word.
\nMohlala s\u00ea mense moet ophou kanse waag.
\n