{"id":19415,"date":"2023-02-16T14:11:54","date_gmt":"2023-02-16T12:11:54","guid":{"rendered":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=19415"},"modified":"2023-02-16T14:19:48","modified_gmt":"2023-02-16T12:19:48","slug":"krokodilbrug-oopgestel-vir-noodtoegang","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/krokodilbrug-oopgestel-vir-noodtoegang\/","title":{"rendered":"Krokodilbrug oopgestel vir noodtoegang"},"content":{"rendered":"

Die Nasionale Krugerwildtuin (NKW) s\u00ea hulle is dankbaar dat geen beserings aangemeld is tydens die oorstromings wat tans ervaar word nie.
\nWoordvoerder, Ike Phaahla, s\u00ea rampbestuurspanne bly op ‘n ho\u00eb gereedheidsgrondslag en monitor die situasie.
\nDie Krokodilbrughek is vanoggend oopgestel vir slegs noodvoorraad om die park te kan bereik en is nie oop vir besoekers nie.
\nDie kampe by Krokodilbrug en Onder-Sabie bly gesluit.
\nBesoekers aan die wildtuin is aangeraai om uiters versigtig te wees en grondpaaie te vermy.
\n