{"id":19376,"date":"2023-02-15T14:02:32","date_gmt":"2023-02-15T12:02:32","guid":{"rendered":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=19376"},"modified":"2023-02-15T14:02:32","modified_gmt":"2023-02-15T12:02:32","slug":"mpumalanga-swaar-getref-deur-oorstromings","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/mpumalanga-swaar-getref-deur-oorstromings\/","title":{"rendered":"Mpumalanga swaar getref deur oorstromings"},"content":{"rendered":"

Die Departement van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake s\u00ea Mpumalanga word die swaarste getref deur landwye oorstromings terwyl swaar re\u00ebn steeds in dele van die land voorkom.
\n\u2018n Geel vlak 2-waarskuwing is uitgereik vir die provinsie.
\nVolgens die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) is daar \u2018n moontlikheid van donderstorms in die Laeveld en platorand vanaand en vroeg m\u00f4reoggend wat die moontlikheid van nog plaaslike oorstromings vergroot.
\nSien ook: <\/strong>Watervlakke oortref die van 2000, nog re\u00ebn verwag<\/a>
\nDie departement het bevestig dat 12 mense weens die oorstromings dood is. Hiervan was vier in Mpumalanga.
\nDie presidensie het Maandag ‘n ramptoestand afgekondig om die reaksie op die oorstromings te ko\u00f6rdineer en tydelike blyplek, kos en komberse aan dakloses te verskaf.
\nRampbestuurspanne in die Krugerwildtuin bly op ‘n ho\u00eb gereedheidsvlak.
\nDie Krokodilbrughek bly gesluit omdat water oor die brug vloei, maar die teerpaaie in die park is oopgestel.
\nDie woordvoerder, Ike Phaahla, s\u00ea hulle hou die situasie fyn dop en raai besoekers aan om uiters versigtig te wees.
\n