{"id":18535,"date":"2023-01-17T13:53:58","date_gmt":"2023-01-17T11:53:58","guid":{"rendered":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=18535"},"modified":"2023-01-17T17:35:06","modified_gmt":"2023-01-17T15:35:06","slug":"verdagte-vas-wat-glo-boer-buite-lydenburg-doodskiet","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/verdagte-vas-wat-glo-boer-buite-lydenburg-doodskiet\/","title":{"rendered":"Verdagte vas wat glo boer buite Lydenburg doodskiet"},"content":{"rendered":"
‘n Verdagte gisteraand aangekeer i.v.m. die moord op ‘n boer Sondagaand in die Badfontein-omgewing buite Lydenburg.<\/p>\n
Johan Nortje is buite die skuur op sy plaas deur twee onbekende aanvallers oorval. Sy vuurwapen is gebuit.<\/p>\n
Sy vrou is daarna in die huis vasgebind en aangerand.<\/p>\n
Die aanvallers het ‘n haelgeweer uit die kluis geneem en met die boer se bakkie gevlug.<\/p>\n
Die honde-eenheid van die polisie het saam met ander rolspelers die 36-jarige verdagte gisteraand in eMalahleni (Witbank) opgespoor.<\/p>\n
Polisiewoordvoerder, brig. Selvy Mohlala, s\u00ea hulle het \u2018n wenk ontvang dat een van die verdagtes in Witbank is.<\/p>\n
Lede van die Lydenburg honde-eenheid het dit opgevolg en naby die huis in Spring Valley het die verdagtes verby hulle gery in die bakkie wat na vermoede tydens die aanval geroof is.<\/p>\n
Hulle het agter die verdagtes aangejaag, wat gestop en te voet gevlug het.<\/p>\n
Een verdagte het \u2018n polisiebeampte se vuurwapen by hom probeer afneem en hy is in sy bobeen getref.<\/p>\n
\u2018n Toyota-bakkie en 9 mm pistool met ammunisie wat na vermoede tydens die aanval gesteel is, is glo in sy besit gevind.<\/p>\n
Die ander verdagte kon vlug, maar \u2018n geweer sonder sy reeksnommer is by die persoon se adres gevind, aldus Mohlala.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"
Skakel in op 100.5FM vir plaaslike nuus in Afrikaans. <\/p>\n","protected":false},"author":14,"featured_media":18552,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_mi_skip_tracking":false,"_exactmetrics_sitenote_active":false,"_exactmetrics_sitenote_note":"","_exactmetrics_sitenote_category":0},"categories":[5,8],"tags":[3631,426,100,359,405],"yoast_head":"\n