{"id":18473,"date":"2023-04-17T15:25:00","date_gmt":"2023-04-17T13:25:00","guid":{"rendered":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=18473"},"modified":"2023-04-17T15:35:31","modified_gmt":"2023-04-17T13:35:31","slug":"18473-2","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/18473-2\/","title":{"rendered":"Klagtes teruggetrek teen Hillary Gardee beskuldigdes"},"content":{"rendered":"
Die Nasionale Vervolgingsgesag het voorlopig die klagtes teruggetrek teen die vier mans wat aangekla is van die moord op Hillary Gardee.<\/p>\n
Die verhoor sou Woensdag, 12 April, in die Mpumalanga Hooggeregshof in Mbombela begin het.<\/p>\n
Getuies kon egter nie bereik word nie.<\/p>\n
Philemon Lukhele, Albert Gama, Sipho Mkhatshwa en Rasie Hlabirwa Nkune is aangekla van sameswering om moord te pleeg, moord, verkragting, ontvoering, die besit van \u2018n ongelisensieerde vuurwapen en regsverydeling.<\/p>\n
Nkune staan nog tereg op twee ander klagte van moord in KaNyamazane en een in Sundra.<\/p>\n
==========<\/p>\n
Borgtog vir Hillary Gardee-moordverdagte – 16 Januarie 2023<\/strong><\/p>\n Een van die beskuldigdes in die Hillary Gardee-moordsaak is Vrydag borgtog van R20 000 toegestaan in die Nelspruit-landdroshof.<\/p>\n Philemon Lukhele word saam met drie ander aangekla van sameswering om moord te pleeg, moord, verkragting, ontvoering, die besit van \u2018n ongelisensieerde vuurwapen en regsverydeling na die dogter van die voormalige sekretaris-generaal van die EFF, Godrich Gardee, se liggaam op 3 Mei in \u2018n plantasie op die Sabie-pad ontdek is.<\/p>\n