{"id":18203,"date":"2023-01-04T13:25:12","date_gmt":"2023-01-04T11:25:12","guid":{"rendered":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=18203"},"modified":"2023-01-04T13:25:12","modified_gmt":"2023-01-04T11:25:12","slug":"twee-ondernemings-in-graskop-deur-groep-gewapende-rowers-geteiken","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/twee-ondernemings-in-graskop-deur-groep-gewapende-rowers-geteiken\/","title":{"rendered":"Twee ondernemings in Graskop deur groep gewapende rowers geteiken"},"content":{"rendered":"
Die polisie is op soek na ‘n groep van meer as 20 gewapende rowers wat gister \u2018n vulstasie en nabygele\u00eb toerismesentrum in Graskop beroof het.
\nVolgens die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, brig. Selvy Mohlala, het die gemaskerde verdagtes Dinsdag om ongeveer middernag by die vulstasie toegeslaan.
\nPetroljoggies is met vuurwapens aangehou en vasgebind. Plofstof is gebruik om die kluis oop te skiet.
\nKort daarna is ‘n sekuriteitswag by die toerismesentrum met vuurwapens aangehou en vasgebind.
\nMohlala s\u00ea die alarm is op ‘n manier gedeaktiveer en plofstof is gebruik om ook hierdie kluis oop mee te skiet.
\nDie groep het met onbekende bedrae kontant gevlug.
\nNiemand is tot dusver in hegtenis geneem nie.
\nEnigiemand met inligting is gevra om dit met die polisie te deel by 08600-10111.
\nAlle inligting sal as vertroulik hanteer word. <\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"
Skakel in op 100.5FM vir plaaslike nuus in Afrikaans. <\/p>\n","protected":false},"author":14,"featured_media":11266,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_mi_skip_tracking":false,"_exactmetrics_sitenote_active":false,"_exactmetrics_sitenote_note":"","_exactmetrics_sitenote_category":0},"categories":[5,8],"tags":[839,657,100,3578,3577],"yoast_head":"\n