{"id":18180,"date":"2023-01-03T15:22:25","date_gmt":"2023-01-03T13:22:25","guid":{"rendered":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=18180"},"modified":"2023-01-03T15:27:32","modified_gmt":"2023-01-03T13:27:32","slug":"betalings-aan-studente-in-rusland-vorder","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/betalings-aan-studente-in-rusland-vorder\/","title":{"rendered":"Betalings aan studente in Rusland vorder"},"content":{"rendered":"

Die Mpumalanga Onderwysdepartement s\u00ea hy maak vordering met die betaling van klasgelde vir studente wat met beurse van die departement in Rusland studeer.
\n\u2018n Totaal van 229 studente wat aan elf universiteite in Rusland medies, ingenieurwese, lugwaart en inligtingstegnologie studeer het verlede jaar alarm gemaak omdat hul klasfooie, verblyf en toelaes vir etlike maande nie betaal is nie.
\nLees meer:<\/strong> Premier op pad na Rusland om gegriefde studente te ontmoet<\/a>
\n\u2018n Woordvoerder van die departement, Gerald Sambo, s\u00ea betaling van sakgeld en verblyfgeld is op datum.
\nKlasgelde vir sowat 105 studente is ook gefinaliseer.
\nVolgens Sambo is die vertraging in betaling te wyte aan sommige universiteite wat weier om fakture direk aan die departement te stuur.
\n