{"id":18075,"date":"2022-12-29T14:11:33","date_gmt":"2022-12-29T12:11:33","guid":{"rendered":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=18075"},"modified":"2022-12-30T15:16:44","modified_gmt":"2022-12-30T13:16:44","slug":"2022-hoogtepunte-pumas-bring-die-curriebeker-huis-toe","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/2022-hoogtepunte-pumas-bring-die-curriebeker-huis-toe\/","title":{"rendered":"2022 Hoogtepunte #2: Pumas bring die Curriebeker huis toe"},"content":{"rendered":"

Die Airlink Pumas het op 25 Junie geskiedenis gemaak deur vir die eerste keer ooit die gesogte Curriebeker te wen.
\nHulle het die finaal teen die Griekwas in Kimberley met 26-19 gewen.
\nDit was ook die eerste keer dat hulle die eindstryd van die Curriebeker gehaal het.
\nIn foto\u2019s: <\/strong>Pumas wen vir die eerste keer die Curriebeker<\/a>
\nHulle is later aangewys as die Mpumalanga sportspan van die jaar. Hoofafrigter Jimmy Stonehouse is aangewys as die Mpumalanga afrigter van die jaar en SA Rugby Magazine se afrigter van die jaar (hy het stof geskop in die o\u00eb van John Dobson, wat die DHL Stormers na \u2018n reeksoorwinning in die Verenigde Rugby-kampioenskappe gelei het, sowel as die Springbokke se Jacques Nienaber).
\nIn foto’s:<\/strong>
Pumas oorwinning in Mbombela gevier<\/a>
\nStonehouse het die Maandag na afloop van die wedstryd met Ludi en Mireille gesels. Luister weer hier.
\n