{"id":17995,"date":"2022-12-20T09:13:32","date_gmt":"2022-12-20T07:13:32","guid":{"rendered":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=17995"},"modified":"2022-12-20T09:40:12","modified_gmt":"2022-12-20T07:40:12","slug":"feestyd-2022-padveiligheidsplan-verloop-sover-vlot","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/feestyd-2022-padveiligheidsplan-verloop-sover-vlot\/","title":{"rendered":"Feestyd 2022: Padveiligheidsplan verloop sover vlot"},"content":{"rendered":"
Die Mpumalanga LUR vir gemeenskapsveiligheid, Vusi Shongwe, het motoriste weereens gemaan om versigtig te bestuur hierdie feestyd. Skakel in op 100.5FM vir plaaslike nuus in Afrikaans. <\/p>\n","protected":false},"author":14,"featured_media":17838,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_mi_skip_tracking":false,"_exactmetrics_sitenote_active":false,"_exactmetrics_sitenote_note":"","_exactmetrics_sitenote_category":0},"categories":[5,6,8],"tags":[1287,884,113,272,2586,1692],"yoast_head":"\n
\nDie departement s\u00ea hul padveiligheidsplan verloop tot dusver glad.
\nMeer as 72 000 voertuie is tydens patrollies, spoedoperasies en by weegbr\u00fbe nagegaan. Meer as 14 000 boetes is uitgereik aan motoriste vir verskeie oortredings, insluitende roekelose bestuur.
\nSowat 227 onpadwaardige voertuie is van die pad gehaal en meer as 400 is geskut vir oorlaaiing.
\nTwaalf bestuurders is aangekeer vir dronkbestuur.
\n
\nVan die besigste roetes sluit in die N4-tolpad tussen Gauteng en Mosambiek en eSwatini, die N3 tussen Mpumalanga, Gauteng en KwaZulu-Natal en die N2 tussen Ermelo en Mkhondo. Sowat 2 000 voertuie per uur is die afgelope naweek op hierdie roetes aangeteken.
\nVerkeersvolumes sal na verwagting hierdie naweek aansienlik toeneem wanneer mense vir Kersfeesvieringe reis.
\nShongwe het reisigers ook gevra om geduldig te bly by die Lebombo-grenspos, waar baie besige toestande heers.
\nHy het die polisie verder geloof vir hul onlangse sukses toe hulle ‘n ontvoerde vragmotorbestuurder help red het.
\nHy voeg by dat die nuwe polisiekonstabels ‘n waardevolle toevoeging tot die diens is.
\nLees meer:<\/strong> Mpumalanga verwelkom 733 nuwe polisielede<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"