{"id":17979,"date":"2022-12-19T14:27:45","date_gmt":"2022-12-19T12:27:45","guid":{"rendered":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=17979"},"modified":"2022-12-19T14:49:52","modified_gmt":"2022-12-19T12:49:52","slug":"gevalle-van-masels-neem-toe-in-mpumalanga","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/gevalle-van-masels-neem-toe-in-mpumalanga\/","title":{"rendered":"Gevalle van masels neem toe in Mpumalanga"},"content":{"rendered":"

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (NICD) s\u00ea die voorkoms van nuut bevestigde gevalle van masels onder kinders in Mpumalanga, Limpopo, Gauteng en Noordwes het gestyg.
\nIn totaal is 169 laboratorium-bevestigde gevalle in die vier provinsies aangeteken vanaf 11 Oktober tot 7 Desember.
\nDie gevalle is hoofsaaklik onder kinders tussen vyf en nege jaar oud.
\nVerlede maand is drie gevalle van masels in Ehlanzeni-distrik bevestig.
\nLuister weer: <\/strong>Waarskuwing oor uitbreking van masels in die Laeveld<\/a>
\nVolgens die Mpumalanga Gesonheidsdepartement is daardie gevalle tussen 1 en 10 November onder drie kinders van tussen 18 maande en ses jaar oud in Lydenburg en Bosbokrand aangemeld.
\n