{"id":17933,"date":"2022-12-20T07:02:00","date_gmt":"2022-12-20T05:02:00","guid":{"rendered":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=17933"},"modified":"2022-12-20T09:18:46","modified_gmt":"2022-12-20T07:18:46","slug":"verdagtes-wat-glo-betaal-vir-taktiese-inligting-oor-renosters-handig-hulself-oor","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/verdagtes-wat-glo-betaal-vir-taktiese-inligting-oor-renosters-handig-hulself-oor\/","title":{"rendered":"Opdatering: Besluit oor borg vir ‘Blood Orange’ verdagte m\u00f4re verwag"},"content":{"rendered":"

Die borgaansoek van \u2018n man wat daarvan aangekla word dat hy Krugerwildtuin-veldwagters en hul familielede betaal het vir taktiese inligting om renosterstropingsindikate mee te help, het gister in die Bosbokrand-hof begin.<\/p>\n

Martin Prince Lekhuleni is saam met Eunice Lekhuleni gearresteer as deel van operasie \u201cBlood Orange\u201d.<\/p>\n

Sy is reeds borgtog van R5 000 toegestaan. Die aansoek van Martin Lekhuleni is tot m\u00f4re uitgestel vir uitspraak.<\/p>\n

=============<\/p>\n

16 Desember, 12:42: Verdagtes wat glo betaal vir taktiese inligting oor renosters handig hulself oor<\/strong><\/p>\n

Twee verdagtes wat na bewering voormalige Krugerwildtuin veldwagters en hul familielede betaal het vir taktiese inligting om renosterstropingsindikate mee te help, het hulself eergister aan die owerhede oorhandig.<\/p>\n

Martin Prince Lekhuleni (37) en Eunice Lekhuleni (24) was voortvlugtig na nege familielede van die voormalige veldwagters Chikwa Maluleke en Solly Ubisi op 2 Desember tydens operasie \u201cBlood Orange\u201d aangekeer is.<\/p>\n

Lees meer: <\/strong>Familielede van veldwagters wat glo saam met sindikate werk verskyn in die hof<\/a><\/p>\n

Volgens kapt. Dineo Sekgotodi het die Lekhuleni\u2019s dieselfde dag in die Bosbokrand verskyn op aanklagte van geldwassery.
\n