{"id":17896,"date":"2022-12-15T09:32:40","date_gmt":"2022-12-15T07:32:40","guid":{"rendered":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=17896"},"modified":"2022-12-15T09:34:01","modified_gmt":"2022-12-15T07:34:01","slug":"17896-2","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/17896-2\/","title":{"rendered":"Polisie ondersoek grafskending in Masoyi"},"content":{"rendered":"
Die polisie in Masoyi ondersoek \u2018n voorval waartydens verdagtes betrap is waar hulle \u2018n graf opgrawe in Masoyi buite Witrivier.
\nVolgens die polisie het mense wat vroeg gisteroggend ter voorbereiding van \u2018n begrafnis die Jerusalem-begraafplaas besoek het, op die twee afgekom.
\nHulle het gevlug en ‘n panga, graaf en \u2018n sak met items wat die polisie s\u00ea soos muti lyk agtergelaat.
\nDie graf is di\u00e9 van \u2018n 19-jarige man wat op 23 November ter aarde bestel is.
\nDie grafskenders kon nie daarin slaag om sy oorskot na die oppervlak te bring nie.
\nPolisiewoordvoerder, brig. Selvy Mohlala, s\u00ea die moontlikheid dat dit verband hou met \u2018n sekte word ondersoek.
\nGeen arrestasies is nog gemaak nie.
\nEnigiemand met inligting is gevra om dit met die polisie te deel. <\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"
Skakel in op 100.5FM vir plaaslike nuus in Afrikaans. <\/p>\n","protected":false},"author":14,"featured_media":11266,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_mi_skip_tracking":false,"_exactmetrics_sitenote_active":false,"_exactmetrics_sitenote_note":"","_exactmetrics_sitenote_category":0},"categories":[5,8],"tags":[3504,3503,3505,132,3501,3502,117],"yoast_head":"\n