{"id":17881,"date":"2022-12-14T13:25:21","date_gmt":"2022-12-14T11:25:21","guid":{"rendered":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=17881"},"modified":"2022-12-14T13:25:21","modified_gmt":"2022-12-14T11:25:21","slug":"vrou-noodlottig-gewond-tydens-stokvel-roof-buite-witrivier","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/vrou-noodlottig-gewond-tydens-stokvel-roof-buite-witrivier\/","title":{"rendered":"Vrou noodlottig gewond tydens stokvel-roof buite Witrivier"},"content":{"rendered":"

\u2018n 23-jarige man en vrou verskyn vandag in die Kabokweni-hof na die skietdood van \u2018n 30-jarige vrou Saterdag in Mshatsa naby Masoyi buite Witrivier.
\nVolgens die polisie het twee gewapende mans \u2018n groep vroue wat besig was om hul stokvel-kontant te verdeel aangehou, beroof en die een geskiet.
\nSy is hospitaal toe gehaas, maar met haar aankoms dood verklaar.
\nPolisiewoordvoerder, brig. Selvy Mohlala, s\u00ea hulle vermoed die roof was vooraf beplan deur die beskuldigdes.
\n