{"id":17836,"date":"2022-12-12T15:04:31","date_gmt":"2022-12-12T13:04:31","guid":{"rendered":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=17836"},"modified":"2022-12-12T15:04:31","modified_gmt":"2022-12-12T13:04:31","slug":"trac-gereed-vir-feestydverkeer","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/trac-gereed-vir-feestydverkeer\/","title":{"rendered":"TRAC gereed vir feestydverkeer"},"content":{"rendered":"

TRAC het verskeie verkeersmaatre\u00ebls aangekondig om verkeersvloei op die besige N4-tolpad hierdie feestyd te vergemaklik.
\nAl die tolhekke sal ten volle beman wees op die besigste dae. Die grootste volumes verkeer word op 9, 15, 16, 23 en 24 Desember verwag sowel as 2 en 3 Januarie.
\nTRACAssist-spanne is op \u2018n ho\u00eb gereedheid en dubbel roetepatrollies sal uitgevoer word deur die feestyd. Noodspanne sal ook op die besigste dae na brandpunte ontplooi word.
\nMotoriste is aangeraai om eerder in die daglig te ry.
\nAlle padwerke word tussen 15 Desember en 9 Januarie gestaak.
\n\u201cOns moedig mense wat tussen Suid-Afrika en Mosambiek reis om hul reise te beplan, omdat vertragings verwag word by die Lebombo- en Ressano Garcia-grensposte,\u201d s\u00ea kommunikasiebestuurder vir TRACN4, Solange Soares.
\nHoewel TRAC nie die grensposte beheer nie, is maatre\u00ebls in plek gestel om verkeersvloei op die N4 so glad moontlik te help maak.
\n