{"id":17387,"date":"2022-11-21T14:33:00","date_gmt":"2022-11-21T12:33:00","guid":{"rendered":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=17387"},"modified":"2022-11-21T14:37:32","modified_gmt":"2022-11-21T12:37:32","slug":"nog-drie-vas-weens-moord-op-duitse-toeris","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/nog-drie-vas-weens-moord-op-duitse-toeris\/","title":{"rendered":"Opdatering: Twee addisionele verdagtes verskyn vir moord op Duitse toeris"},"content":{"rendered":"
Twee* addisionele verdagtes het vandag in die Kabokweni-hof verskyn vir die moord, in Oktober, op J\u00f6rg Schnarr, \u2018n Duitse toeris. Hy is op 3 Oktober tydens \u2018n mislukte kaping op die Numbi-pad onderweg na die Krugerwildtuin doodgeskiet.<\/p>\n
Die saak teen Cebo Marshall Mamba (38) en Bongimusa Fortune Lebo Matsane (25) is uitgestel tot 28 November en hulle bly in aanhouding.\u00a0Napoleon Joseph Nyalunga is reeds aangekeer en verskyn weer in Januarie in die hof.<\/p>\n
*Die polisie het aanvanklik aangedui dat drie addisionele verdagtes aangekeer is. Sien storie hieronder.<\/p>\n
=============<\/p>\n
21 November, 11:35<\/strong><\/p>\n Nog drie verdagtes is aangekeer i.v.m. die moord verlede maand op \u2018n Duitse toeris op die Numbi-pad onderweg na die Krugerwildtuin. Die 67-jarige J\u00f6rg Schnarr is op 3 Oktober tydens \u2018n mislukte kaping doodgeskiet.<\/p>\n Napoleon Joseph Nyalunga het reeds weens die moord verskyn. Hy staan tereg op aanklagte van moord, poging tot moord en poging tot kaping.<\/p>\n