{"id":17207,"date":"2022-11-16T09:06:00","date_gmt":"2022-11-16T07:06:00","guid":{"rendered":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=17207"},"modified":"2022-11-16T09:28:38","modified_gmt":"2022-11-16T07:28:38","slug":"waarskuwing-oor-uitbreek-van-masels-in-die-laeveld","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/waarskuwing-oor-uitbreek-van-masels-in-die-laeveld\/","title":{"rendered":"Luister: Waarskuwing oor uitbreek van masels in die Laeveld"},"content":{"rendered":"

Die Mpumalanga gesondheidsdepartement is op ho\u00eb gereedheid na drie gevalle van masels in Ehlanzeni-distrik bevestig is.<\/p>\n

Volgens die departement is die gevalle tussen 1 en 10 November onder drie kinders van tussen 18 maande en ses jaar oud in Lydenburg en Bosbokrand aangemeld.<\/p>\n

Mandla Zwane, direkteur van oordraagbare siektes in die departement, gesels met Ludi en Mireille. Luister weer hier.<\/p>\n