{"id":17044,"date":"2022-10-31T13:21:36","date_gmt":"2022-10-31T11:21:36","guid":{"rendered":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=17044"},"modified":"2022-10-31T13:21:36","modified_gmt":"2022-10-31T11:21:36","slug":"oudbestuurder-vas-wat-glo-merc-met-munisipale-geld-koop","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/oudbestuurder-vas-wat-glo-merc-met-munisipale-geld-koop\/","title":{"rendered":"Oudbestuurder vas wat glo Merc met munisipale geld koop"},"content":{"rendered":"
‘n Voormalige munisipale bestuurder van Nkomazi-munisipaliteit in Malalane het Vrydag in die hof verskyn op klagte van bedrog, diefstal en oortreding van die wet op munisipale finansi\u00eble bestuur (MFMA).
\nMuzi Dani\u00ebl Ngwenya (55) is dieselfde dag deur die Valke aangekeer.
\nVolgens woordvoerder, kapt. Dineo Sekgotodi, het hy in Desember verlede jaar na bewering met munisipale fondse \u2018n tweedehandse Mercedes Benz vir R900 000 aangeskaf in Gauteng, en die voertuig in sy eie naam geregistreer.
\nNgwenya is borgtog van R10 000 toegestaan deur die Tonga-landdroshof. Die saak is uitgestel tot 25 Januarie vir verdere ondersoek.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"
Skakel in op 100.5FM vir plaaslike nuus in Afrikaans. <\/p>\n","protected":false},"author":14,"featured_media":17045,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_mi_skip_tracking":false,"_exactmetrics_sitenote_active":false,"_exactmetrics_sitenote_note":"","_exactmetrics_sitenote_category":0},"categories":[5,8],"tags":[3334,87,3335,3332,3333,2237],"yoast_head":"\n