{"id":17002,"date":"2022-10-31T10:40:00","date_gmt":"2022-10-31T08:40:00","guid":{"rendered":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=17002"},"modified":"2022-10-31T10:49:29","modified_gmt":"2022-10-31T08:49:29","slug":"boer-vasgebind-werkers-aangerand-tydens-twee-plaasaanvalle-in-lydenburg","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/boer-vasgebind-werkers-aangerand-tydens-twee-plaasaanvalle-in-lydenburg\/","title":{"rendered":"Boer vasgebind, werkers aangerand tydens twee plaasaanvalle in Lydenburg"},"content":{"rendered":"
Gewapende rowers het die naweek in twee afsonderlike voorvalle toegeslaan op plase in die Lydenburg-omgewing.<\/p>\n
Saterdagaand het ongeveer vyf gewapende aanvallers op Lisabon-plaas in die Weltevreden-area plaaswerkers vasgebind en aangerand.<\/p>\n
Volgens die polisie* was die twee mans in hul huis in die werkerskwartiere toe hulle oorval is en het die aanvallers hul name geken. Hulle het die sleutels na ‘n stoor ge\u00ebis.<\/p>\n
Die plaaseienaar was uitstedig. Die werkers se selfone en kontant sowel as elf kettingsae is gebuit. Hulle is nie ernstig beseer nie.<\/p>\n
Volgens Hugo Fourie van die Lydenburg GPF en AfriForum-buurtwag is \u2018n boer ook Vrydagaand in Badfontein deur drie mans, waarvan een gewapen was, in sy kamer vasgebind.<\/p>\n
Die polisie bevestig dat hulle die sleutels na die kluis gesoek het. Sy vuurwapen, ammunisie, beursie, selfoon en juweliersware wat aan sy oorlede vrou behoort het, is geroof.<\/p>\n
Geen arrestasies is nog gemaak nie.<\/p>\n
*Die artikel is opgedateer met terugvoer van die polisie sedert dit om 08:54 gepubliseer is.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"
Skakel in op 100.5FM vir plaaslike nuus in Afrikaans. <\/p>\n","protected":false},"author":14,"featured_media":11266,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_mi_skip_tracking":false,"_exactmetrics_sitenote_active":false,"_exactmetrics_sitenote_note":"","_exactmetrics_sitenote_category":0},"categories":[5,8],"tags":[3323,839,426,3321,100,359,3322],"yoast_head":"\n