{"id":16950,"date":"2022-10-26T14:52:38","date_gmt":"2022-10-26T12:52:38","guid":{"rendered":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=16950"},"modified":"2022-10-26T14:52:38","modified_gmt":"2022-10-26T12:52:38","slug":"man-met-plofstof-aanvalsgewere-betrap","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/man-met-plofstof-aanvalsgewere-betrap\/","title":{"rendered":"Man met plofstof, aanvalsgewere betrap"},"content":{"rendered":"

Vier verdagtes is die naweek met onwettige wapens aangekeer tydens intelligensie gedrewe operasies gelei deur die taktiee reaksie-eenheid van die polisie.
\nSabelo Peter Mdluli (44) het Maandag in die Kabokweni-hof verskyn na hy Sondag in Masoyi aangekeer is.
\nDie polisie het reageer op ‘n wenk en sy Corsa-bakkie deursoek.
\n‘n R1 en R5 aanvalsgeweer, ‘n 3.8 en .22 vuurwapen sowel as ammunisie en plofstof is na bewering in sy voertuig ontdek.
\nIn Barberton is drie verdagtes Saterdag gearresteer weens ‘n vuurwapen en ammunisie wat in hul besit in ‘n VW Polo gevind is.
\nDinani Convinient Zulu (29), Bongani Nkosinathi Mlambo (33) en Mthokozisi Magwaza (34) het ook Maandag in die hof verskyn, aldus polisiewoordvoerder, kol. Donald Mdhluli.
\n