{"id":16895,"date":"2022-10-26T12:40:00","date_gmt":"2022-10-26T10:40:00","guid":{"rendered":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=16895"},"modified":"2022-10-26T12:45:56","modified_gmt":"2022-10-26T10:45:56","slug":"mannejag-geloods-na-verdagte-wat-adjunk-balju-in-nelspruit-doodskiet","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/mannejag-geloods-na-verdagte-wat-adjunk-balju-in-nelspruit-doodskiet\/","title":{"rendered":"Opdatering: Tweede verdagte aangekeer vir moord op adjunk-balju"},"content":{"rendered":"
\u2018n Tweede verdagte sal na verwagting m\u00f4re in die Nelspruit-landdroshof verskyn op \u2018n klagte van moord na die 32-jarige Michelle Jones, ‘n adjunk-balju van Nelspruit, Donderdagaand in Nelsville doodgeskiet is.<\/p>\n
Volgens die polisie was sy saam met \u2018n vriend in \u2018n voertuig voor \u2018n winkel geparkeer, toe twee mans hulle nader en een verskeie skote afgevuur het.<\/p>\n
Jones is verskeie kere getref en is met haar aankoms by die hospitaal dood verklaar. Haar vriend is in sy regterarm gewond.<\/p>\n
\u2018n 35-jarige verdagte is reeds aangekeer.<\/p>\n
Polisiewoordvoerder, kol. Donald Mdhluli, s\u00ea die tweede verdagte, ‘n 34-jarige man, het homself gister aan die polisie oorhandig.<\/p>\n
============<\/p>\n
24 Oktober, 13:21<\/strong><\/p>\n Die polisie is op soek na \u2018n tweede verdagte wat Donderdagaand na bewering Michelle Jones (32), ‘n adjunk-balju van Nelspruit, doodgeskiet het in Nelsville, Mbombela.<\/p>\n Volgens die polisie was sy saam met \u2018n vriend in \u2018n voertuig voor \u2018n winkel geparkeer terwyl \u2018n vriendin by die winkel in is.<\/p>\n Polisiewoordvoerder, brig. Selvy Mohlala, s\u00ea di\u00e9 getuie het twee mans wat sy ken na die voertuig sien stap en die een het verskeie skote afgevuur.<\/p>\n Jones is verskeie kere getref en is met haar aankoms by die hospitaal dood verklaar. Haar metgesel is in sy regterarm gewond.<\/p>\n \u2018n 35-jarige verdagte is aangekeer. Mohlala s\u00ea hulle vermoed dat die tweede verdagte ‘n gewese vriend van Jones is.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":" Skakel in op 100.5FM vir plaaslike nuus in Afrikaans. <\/p>\n","protected":false},"author":14,"featured_media":4887,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_mi_skip_tracking":false,"_exactmetrics_sitenote_active":false,"_exactmetrics_sitenote_note":"","_exactmetrics_sitenote_category":0},"categories":[5,8],"tags":[3305,228,3304,100,106,114],"yoast_head":"\n