{"id":16798,"date":"2022-10-18T14:13:26","date_gmt":"2022-10-18T12:13:26","guid":{"rendered":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=16798"},"modified":"2022-10-18T14:15:09","modified_gmt":"2022-10-18T12:15:09","slug":"binnelandse-sake-betrek-om-gestrande-studente-in-rusland-te-help","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/binnelandse-sake-betrek-om-gestrande-studente-in-rusland-te-help\/","title":{"rendered":"Dirco betrek om gestrande studente in Rusland te help"},"content":{"rendered":"

Die Mpumalanga departement van onderwys het \u2018n afvaardiging na Rusland gestuur om die uitstaande gelde verskuldig vir 229 studente wat aan elf universiteite in die land studeer, uit te sorteer.
\nDie studente, wat medies, ingenieurwese, lugwaart en inligtingstegnologie met beurse van die departement studeer, het onlangs alarm gemaak omdat hul klasfooie, verblyf en toelaes vir etlike maande nie betaal is nie.
\nDie LUR vir onderwys, Bonakele Majuba, het vanoggend sy departement se pogings om die kwessie uit te stryk uiteengesit.
\nDit het ontstaan toe die kontrak van Green Tutu, wat handel dryf as RACUS, en wat aangestel was om alle prosesse met betrekking tot die beurse te fasiliteer, in Maart verstryk het.
\nVolgens Majuba is dit in Oktober verlede jaar geadverteer, maar dit het geen reaksie ontlok nie en dit is in Oktober vanjaar heradverteer.
\nVolgens Majuba kon hulle nie aanhou om Green Tutu te gebruik nie, omdat die ouditeur-generaal verskeie kere bevind het dat sekere ondersteuningsdokumente nie deur die maatskappy verskaf word nie. Majuba s\u00ea hy het die Spesiale Ondersoek-eenheid gevra om di\u00e9 saak te ondersoek.
\n\u201cOns erken dat die afwesigheid van \u2018n fasiliteringsagent onnodige vertragings veroorsaak het in die prosessering van sakgeld, klasgeld, verblyf, visums, mediese versekering en vervoerkoste,\u201d s\u00ea hy.
\nDie departement het intussen interne stelsels in plek gestel om van hierdie verantwoordelikhede te fasiliteer.
\nSakgeld is tans nog uitstaande aan ses studente wat kwessies met hul bankrekeninge gehad het en die departement van internasionale betrekkinge en samewerking (Dirco) help om die universiteite te betaal.
\nThokozile Ntuli, die waarnemende adjunkdirekteur-generaal in die kantoor van die hoof finansi\u00eble beampte in die Mpumalanga onderwysdepartement, sal voortaan alle betalings prosesseer om enige vertragings in die toekoms te verhoed.
\n