{"id":16685,"date":"2022-10-11T15:13:55","date_gmt":"2022-10-11T13:13:55","guid":{"rendered":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=16685"},"modified":"2022-10-12T16:55:05","modified_gmt":"2022-10-12T14:55:05","slug":"massiewe-addisionele-sekuriteit-word-op-numbi-pad-aangebring","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/massiewe-addisionele-sekuriteit-word-op-numbi-pad-aangebring\/","title":{"rendered":"‘Massiewe’ addisionele sekuriteit vir Numbi-pad"},"content":{"rendered":"

“Massiewe” addisionele sekuriteitsmaatre\u00ebls word op die berugte Numbi-pad na die Krugerwildtuin ge\u00efmplementeer, sedert die moord verlede Maandag op \u2018n Duitse toeris.
\nDie R538 het die afgelope maande veral bekendheid verwerf weens die aanvalle op besoekers aan die wildtuin.
\nLinda Grimbeek, operasionele hoof van die Kruger-Laeveld-sakekamer (KLCBT), s\u00ea private patrollies sowel as \u2018n kamera is sedert April ge\u00efnstalleer.
\nLees meer: <\/strong>Voltydse patrollies tree in werking op die Numbi-pad<\/a>
\n\u201cDaar was sedertien geen voorvalle nie – tot die aaklige moord van J\u00f6rg Schnarr verlede week,\u201d s\u00ea sy. \u201cDit was \u2018n week van skok vir almal in ons bedryf.\u201d
\nDie KLCBT het \u2018n beloning van R50 000 uitgeloof vir inligting wat die verdagtes sal help vastrek.
\nLees meer: <\/strong>
Beloning uitgeloof vir inligting na vermeende kapers toeris doodskiet<\/a>
\n\u201cDit is wyd versprei onder gemeenskappe, tradisionele genesers en taxi-verenigings, en genereer verseker wenke.\u201d
\nVerdere maatre\u00ebls word binne die volgende twee weke beplan. Dit sluit in bemande kameras en reaksie-eenhede wat ondersteun word deur die jongste tegnologie. Di\u00e9 hardeware is reeds bestel dit inisiatief sal \u2018n beraamde addisionele R1 miljoen kos.
\n\u201cOns gaan ook fokus op toerisme-aktiwiteite in woongebiede rondom die Krugerwildtuin om te verseker gemeenskappe trek voordeel uit toerisme sowel as om die ho\u00eb werkloosheidskoers in die area te help verlaag,\u201d s\u00ea Grimbeek.
\nEnigiemand wat belangstel om daarmee te help, is genooi om die KLCBT te kontak. Hierdie onderhoud is op 12 Oktober met haar gevoer. Luister weer:<\/p>\n