{"id":16400,"date":"2022-09-29T09:08:00","date_gmt":"2022-09-29T07:08:00","guid":{"rendered":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=16400"},"modified":"2022-09-29T09:08:00","modified_gmt":"2022-09-29T07:08:00","slug":"openbare-vervoer-in-die-laeveld-afgelas-voor-samesprekings-na-protesoptrede","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/openbare-vervoer-in-die-laeveld-afgelas-voor-samesprekings-na-protesoptrede\/","title":{"rendered":"Openbare vervoer in die Laeveld afgelas voor samesprekings na protesoptrede"},"content":{"rendered":"

Bus- en taxidienste is vandag nie in die Laeveld operasioneel nie, na geweldadige protesoptrede deur taxi’s gister weer chaos op hoofroetes veroorsaak het.
\nPaaie is afgesper, verkeer is deur konvooie van taxi’s belemmer en ten minste een Buscor-bus is aan die brand gesteek.
\nBuscor-depots is ook deur protesoptrede lamgel\u00ea en pendelaars kon gevolglik nie by die werk uitkom nie.
\nHoewel die situasie sedert gistermiddag onder beheer is, waarsku die Laeveld gesamentlike operasionele bevel (JOC) dat dit onvoorspelbaar bly.
\n\u2018n Vergadering om die kwessie te bespreek word vir vanmiddag beplan tussen die agt taxi-verenigings, Buscor en die provinsiale regering.
\nIntussen s\u00ea Werner Weber van die VF Plus die protesaksie kom neer op ekonomiese sabotasie.
\n