{"id":16381,"date":"2022-09-27T13:00:42","date_gmt":"2022-09-27T11:00:42","guid":{"rendered":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=16381"},"modified":"2022-09-27T13:00:42","modified_gmt":"2022-09-27T11:00:42","slug":"vermeende-onwettige-myners-aangekeer","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/vermeende-onwettige-myners-aangekeer\/","title":{"rendered":"Vermeende onwettige myners aangekeer"},"content":{"rendered":"

Drie mans sal vandag in onderskeidelik Barberton en Matsulu in die hof verskyn op aanklagte wat verband hou met onwettige mynbou aktiwiteite.
\nHulle is gister by verskillende myne aangekeer tydens \u2018n multidissiplin\u00eare intelligensiegedrewe operasie.
\nVolgens die Valke is ontginningstoerusting ter waarde van sowat R200 000 gekonfikseer, sowel as die beendere van wat die Valke vermoed \u2018n bedreigde dier kan wees.
\nIn Belfast is \u2018n moordverdagte wat in Augustus uit polisieaanhouding ontsnap het, Vrydag tot drie jaar gevangenisstraf gevonnis daarvoor.
\nKarabo Chiloane (29) het uit die aanhoudingselle van die Belfast-landdroshof ontsnap voor sy verskyning vir ‘n moord wat in 2020 in Machadodorp gepleeg is. Hy is \u2018n paar dae later in Acornhoek heraangekeer.
\nPolisiewoordvoerder, kol. Donald Mdhluli, s\u00ea Chiloane het Woensdag, voor hy gevonnis is, weer probeer ontsnap.
\n