{"id":16370,"date":"2022-09-26T16:00:24","date_gmt":"2022-09-26T14:00:24","guid":{"rendered":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=16370"},"modified":"2022-09-26T16:00:24","modified_gmt":"2022-09-26T14:00:24","slug":"geen-arrestasies-nog-na-plaasmoord-in-waterval-boven","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/geen-arrestasies-nog-na-plaasmoord-in-waterval-boven\/","title":{"rendered":"Geen arrestasies nog na plaasmoord in Waterval Boven"},"content":{"rendered":"
Die VF Plus in Mpumalanga s\u00ea die moord op sy plaas van die 52-jarige Gideon Swart dien as bewys dat plaasgeweld steeds nie ‘n prioriteit vir die owerhede is nie.
\nSwart se liggaam is Vrydag op sy plaas buite Waterval Boven met steekwonde aan sy rug en maag en \u2019n gordel om sy enkels ontdek.
\nVolgens Werner Weber het die VF Plus \u2019n versoek aan die LUR vir gemeenskapsveiligheid, Vusi Shongwe, gerig om samewerking tussen die polisie en landelike gemeenskappe te prioritiseer.
\nHy s\u00ea nabygele\u00eb polisiekantore moet die plase in hul omgewing patrolleer, nie net om sigbare polisi\u00ebring toe te pas nie, maar ook om gereeld by plaaseienaars besoek af te l\u00ea.
\n\u201cLandelike veiligheid is heel bo-aan die party se prioriteitslys van veiligheidskwessies en die party is bereid om met plaaslike owerhede saam te werk om seker te maak dat landelike gemeenskappe beveilig word,\u201d s\u00ea Weber.
\nPolisiewoordvoerder, kol. Donald Mdhluli, het bevestig geen arrestasies is nog teen Maandagmiddag gemaak nie.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"
Skakel in op 100.5FM vir plaaslike nuus. <\/p>\n","protected":false},"author":14,"featured_media":11402,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_mi_skip_tracking":false,"_exactmetrics_sitenote_active":false,"_exactmetrics_sitenote_note":"","_exactmetrics_sitenote_category":0},"categories":[5,8],"tags":[3192,1086,100,405,930,317],"yoast_head":"\n