{"id":16247,"date":"2022-09-23T12:21:46","date_gmt":"2022-09-23T10:21:46","guid":{"rendered":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=16247"},"modified":"2022-09-23T12:22:48","modified_gmt":"2022-09-23T10:22:48","slug":"twee-vermeende-renosterstropers-verskyn-in-skukuza","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/twee-vermeende-renosterstropers-verskyn-in-skukuza\/","title":{"rendered":"Twee vermeende renosterstropers verskyn in Skukuza"},"content":{"rendered":"

Twee Mosambiekse burgers het gister in die Skukuza-hof verskyn op klagtes van die onwettige besit van renosterhorings, ongelisensie\u00ebrde vuurwapens en ammunisie, en oortreding van die Wet op Immigrasie.
\nSergio Mathebula en July Sihlangu, beide 32 jaar oud, is Woensdag met twee renosterhorings in hul besit in die Krugerwildtuin vasgetrek.
\nVolgens polisiewoordvoerder, brig. Selvy Mohlala, is hulle met behulp van \u2018n helikopter opgespoor na veldwagters inligting ontvang het dat hulle die park onwettig betree het.
\n