{"id":16230,"date":"2022-09-22T15:18:05","date_gmt":"2022-09-22T13:18:05","guid":{"rendered":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=16230"},"modified":"2022-09-22T15:18:05","modified_gmt":"2022-09-22T13:18:05","slug":"man-skiet-glo-vriendin-homself-in-kanyamazane","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/man-skiet-glo-vriendin-homself-in-kanyamazane\/","title":{"rendered":"Man skiet glo vriendin, homself in Kanyamazane"},"content":{"rendered":"

Die polisie ondersoek die moord op \u2018n vrou vanoggend in Kanyamazane.
\nPolisiewoordvoerder, brig. Selvy Mohlala, s\u00ea Shirley Hassan (37) is om ongeveer 07:00 ten aanskoue van verskeie verbygangers geskiet deur Phinda Matlaka (42).
\nHulle was glo in ‘n verhouding.
\nMatlaka het daarna glo by sy pa se huis in die area die wapen op himself gerig en sy eie lewe geneem.
\nVolgens Mohlala is die vuurwapen verlede week tydens \u2018n huisbraak in Kanyamazane gesteel.
\n