{"id":15968,"date":"2022-09-09T13:12:24","date_gmt":"2022-09-09T11:12:24","guid":{"rendered":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=15968"},"modified":"2022-09-09T13:12:24","modified_gmt":"2022-09-09T11:12:24","slug":"plan-vir-geraasbesoedeling-in-mbombela","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/plan-vir-geraasbesoedeling-in-mbombela\/","title":{"rendered":"Plan vir geraasbesoedeling in Mbombela"},"content":{"rendered":"

\u2018n WhatsApp-lyn waar mense kan aanmeld presies waar hulle geraas ervaar sal eersdaags bekendgestel word deur die Kruger-Laeveld-sakekamer (KLCBT).
\nDie kwessie van kuierplekke wat so raas dat hulle mense in woongebiede tot vroegoggend uit die slaap hou sleep al jare voort in die stad.
\nVolgens die KLCBT is vergaderings gehou tussen die munisipaliteit, polisie, drankraad en kuierplekke en is van die oortreders beboet.
\nOperasionele beampte Linda Grimbeek s\u00ea hulle sal die hernuwing van die dranklisensies van gewoonte-oortreders opponeer, en sowel as lisensievoorwaardes wat enigiemand voortaan toelaat om na middernag oop te bly.
\nDie WhatsApp-lyn sal inwoners in staat stel om die presiese tye en liggings aan te meld wanneer uitermatige geraas ervaar word.
\nGrimbeek verduidelik die uitdaging om te bepaal presies waar geraas vandaan kom.
\n