{"id":15752,"date":"2022-08-31T13:31:26","date_gmt":"2022-08-31T11:31:26","guid":{"rendered":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=15752"},"modified":"2022-08-31T14:19:55","modified_gmt":"2022-08-31T12:19:55","slug":"vier-vas-weens-vuurwapens-na-wenk-van-die-publiek","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/vier-vas-weens-vuurwapens-na-wenk-van-die-publiek\/","title":{"rendered":"Vier vas weens vuurwapens na wenk van die publiek"},"content":{"rendered":"

Vier verdagtes is gister op die R40 in Dwarsloop buite Bosbokrand aangekeer nadat die polisie op ‘n wenk reageer het.
\nVolgens brig. Selvy Mohlala is twee handwapens sonder reeksnommers sowel as 33 rondes ammunisie in hul besit gevind.
\nDie provinsiale polisiekommissaris, luit. gen. Semakaleng Manamela, het die gemeenskap geloof vir hul samewerking met die polisie om moontlike ernstige misdaad te voorkom.
\nVolgens Mohlala is die wit Polo waarin hulle gery het nie as gesteel aangemeld nie, maar hulle ondersoek of hulle met ander misdade verbind kan word.
\n