{"id":15392,"date":"2022-08-17T14:37:47","date_gmt":"2022-08-17T12:37:47","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=15392"},"modified":"2022-08-17T14:38:23","modified_gmt":"2022-08-17T12:38:23","slug":"man-vas-vir-moord-op-tienermeisie-in-masoyi-na-menslike-oorskot-in-bosse-gevind-is","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/man-vas-vir-moord-op-tienermeisie-in-masoyi-na-menslike-oorskot-in-bosse-gevind-is\/","title":{"rendered":"Man vas vir moord op tienermeisie na menslike oorskot gevind is"},"content":{"rendered":"
\u2018n 24-jarige man verskyn vandag in die hof in Masoyi op \u2018n klagte van moord en dwarsboming van die gereg, na \u2018n menslike geraamte Sondag by Nkanini Trust ontdek is. Skakel in op 100.5FM vir plaaslike nuus. <\/p>\n","protected":false},"author":14,"featured_media":10435,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_mi_skip_tracking":false,"_exactmetrics_sitenote_active":false,"_exactmetrics_sitenote_note":"","_exactmetrics_sitenote_category":0},"categories":[5,8],"tags":[132,1361,100,106,113,114,2999],"yoast_head":"\n
\nVolgens die polisie het kinders van \u2018n inisiasieskool in \u2018n beboste area op die oorskot afgekom.
\nHulle glo dit is die van \u2018n 15-jarige meisie wat in Desember vermis geraak het.
\nDie rok wat op die toneel gevind is, is positief deur haar familie uitgeken.
\nDie verdagte is in Malalane aangekeer. Daar word vermoed dat hy probeer vlug het.
\nDie provinsiale polisiekommissaris, luit. gen. Semakaleng Manamela, het ondersoekers vir die deurbraak geloof.
\n“Dit is ‘n skande dat ‘n soortgelyke voorval onlangs in die Masoyi-area gebeur het waar Bontle Mashiyane wreed vermoor is,” voeg sy by.
\n Lees meer:<\/strong> Nog twee verdagtes vasgetrek vir moord op Bontle<\/a>
\n“Ons sou nooit kon dink dat so ‘n gruweldaad so gou weer deur hierdie gemeenskap ervaar sou word nie. Hierdie is ‘n morele kwessie en ons vra geloofsorganisasies en tradisionele leiers om met ons hande te neem om hierdie plaag te beveg.”
\nIntussen is die polisie is Bosbokrand op soek na die familie van \u2018n man van wie die oorskot op 15 Mei gevind is. Hy word geskat as ongeveer 35 jaar oud.
\nHy was met draad aan \u2018n boom vasgebind en het \u2018n swart denimbroek aangehad. Enigiemand met inligting oor sy identiteit of die van sy moordenaar is aangemoedig om die polisie te kontak.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"