{"id":15380,"date":"2022-08-17T15:35:00","date_gmt":"2022-08-17T13:35:00","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=15380"},"modified":"2022-08-17T15:40:23","modified_gmt":"2022-08-17T13:40:23","slug":"vyfde-verdagte-aangekla-in-verband-met-hillary-gardee-moord","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/vyfde-verdagte-aangekla-in-verband-met-hillary-gardee-moord\/","title":{"rendered":"Opdatering: Vyfde verdagte in Hillary Gardee-saak vrygelaat uit aanhouding"},"content":{"rendered":"

Die man wat Sondag ingeneem is vir ondervraging in verband met die moord op Hillary Gardee is vandag uit aanhouding vrygelaat sonder dat hy in die hof verskyn het.<\/p>\n

Brig. Selvy Mohlala s\u00ea die saak is nie op die hofrol geplaas nie, en die Nasionale Vervolgingsgesag het die polisie instruksie gegee om \u2018n kenner se opinie te bekom.<\/p>\n

Die man word met Gardee verbind deur haar selfoon en skootrekenaar en staar \u2018n klagte van regsverydeling in die gesig. Volgens Mohlala sal hulle hom dagvaar om te verskyn sodra hulle die nodige inligting bekom het.<\/p>\n

===========<\/p>\n

17 Augustus 09:10<\/p>\n

‘n Vyfde verdagte word aangekla in verband met die moord op Hillary Gardee in Mbombela.
\nPolisiewoordvoerder, brig. Selvy Mohlala, s\u00ea die man, ‘n Nigeriese burger in sy middel 30’s, sal vandag in die hof verskyn.
\nHy word aangekla van dwarsboming van die gereg. Hy is met haar selfoon en skootrekenaar aan Gardee verbind.
\n