{"id":15323,"date":"2022-08-15T13:12:32","date_gmt":"2022-08-15T11:12:32","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=15323"},"modified":"2022-08-15T13:12:32","modified_gmt":"2022-08-15T11:12:32","slug":"ma-en-seun-gevonnis-wat-oor-motorongeluk-jok","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/ma-en-seun-gevonnis-wat-oor-motorongeluk-jok\/","title":{"rendered":"Ma en seun gevonnis wat oor motorongeluk jok"},"content":{"rendered":"
\u2018n Ma en seun is verlede week gevonnis omdat hulle gelieg het oor \u2018n motorongeluk wat in Augustus 2018 op die R533 tussen Hlabekisa en Matibidi by Ohrigstad plaasgevind het.
\nVyf passasiers is beseer toe die VW Polo met Ralph Mohlala (23) agter die stuur omgeslaan het. Hy het nie \u2018n bestuurderslisensie gehad nie.
\nSy ma Silvia Mohlala (55) het volgens die Valke saam met die ondersoekbeampte gewerk om \u2018n persoon wat nie teenwoordig was nie as die bestuurder voor te hou.
\nIn Desember is vier verdagtes aangekeer en elk is borgtog van R10 000 toegestaan.
\nDonderdag het die hof vir kommerisi\u00eble misdaad in Nelspruit ma en seun gevonnis.
\nSy is tot 24 maande korrektiewe toesig gevonnis vir sameswering om bedrog te pleeg.
\nHaar seun is \u2018n boete opgel\u00ea van R3 000 of ses maande agter tralies vir roekelose en nalatige besuur asook 12 maande, opgeskort vir drie jaar, vir bestuur sonder \u2018n lisensie en 12 maande, opgeskort vir drie jaar, vir dwarsboming van die gereg.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"
Skakel in op 100.5FM vir plaaslike nuus. <\/p>\n","protected":false},"author":14,"featured_media":11402,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_mi_skip_tracking":false,"_exactmetrics_sitenote_active":false,"_exactmetrics_sitenote_note":"","_exactmetrics_sitenote_category":0},"categories":[5,8],"tags":[2974,228,100,2394,2975,2976,318],"yoast_head":"\n