{"id":14968,"date":"2022-08-04T13:24:33","date_gmt":"2022-08-04T11:24:33","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=14968"},"modified":"2022-08-04T13:24:33","modified_gmt":"2022-08-04T11:24:33","slug":"verdagte-aangekeer-vir-moord-op-polisiebeampte-in-pienaar","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/verdagte-aangekeer-vir-moord-op-polisiebeampte-in-pienaar\/","title":{"rendered":"Verdagte aangekeer vir moord op polisiebeampte in Pienaar"},"content":{"rendered":"
\u2018n 29-jarige vrou is gister aangekeer in verband met die moord op \u2018n polisiebeampte in Pienaar.
\nMandlenkosi Happy Thwala (45) was by Kabokweni gestasioneer.
\nSy buurvrou het gisteroggend op sy liggaam afgekom, na sy ma haar gevra het om by hom in te loer omdat sy vermoed het dat hy iets oorgekom het.
\nHy was in die bed met sigbare koe\u00eblwonde.
\nVolgens die polisie is hy twee keer in die kop geskiet en drie keer in sy torso – na vermoede met sy dienspistool wat later langs \u2018n pad opgetel is.
\nTwee patroondoppies is op die vloer opgetel. Sy voertuig en selfoon is eers vermis, maar is later agtergelaat in bosse gevind.
\n\u2018n Saak van moord en roof word ondersoek.
\nProvinsiale polisiekommissaris, luit. gen. Semakaleng Daphney Manamela, het haar meegevoel aan sy naasbestaandes betuig.
\nSy s\u00ea hulle is bekommerd oor die moord op polisiebeamptes, veral in die Kabokweni-area die afgelope maande.
\nDie verdagte sal na verwagting m\u00f4re in die hof verskyn.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"
Skakel in op 100.5FM vir plaaslike nuus. <\/p>\n","protected":false},"author":14,"featured_media":14969,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_mi_skip_tracking":false,"_exactmetrics_sitenote_active":false,"_exactmetrics_sitenote_note":"","_exactmetrics_sitenote_category":0},"categories":[5,8],"tags":[191,2931,228,100,106,2930,526],"yoast_head":"\n