{"id":14185,"date":"2022-06-27T11:50:10","date_gmt":"2022-06-27T09:50:10","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=14185"},"modified":"2022-06-27T11:51:15","modified_gmt":"2022-06-27T09:51:15","slug":"stonehouse-brei-carling-kampioenespan-voor-saterdag","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/stonehouse-brei-carling-kampioenespan-voor-saterdag\/","title":{"rendered":"Stonehouse brei Carling Kampioenespan voor Saterdag"},"content":{"rendered":"

Die Carling Kampioenespan speel Saterdag in Nelson Mandelabaai teen Itali\u00eb \u201cA\u201d.
\nJimmy Stonehouse en sy Puma-bestuurspan brei die span van 30 spelers wat deur aanhangers geskies is en wat Springbokke en Blitzbokke insluit.
\nVerskeie van die Pumas, wat Saterdag hul eerste Curriebeker gewen het deur die Griekwas met 26-19 te wen, is by die groep ingesluit. Hulle trek vandag reeds saam in Nelson Mandelabaai.
\nDie Pumas sal daarom hul segetoer met die beker eers uit moet stel. Stonehouse het egter sy versekering gegee dat dit plaas sal vind by plaaslike skole en sakeondernemings. Hou hierdie spasie dop vir meer besonderhede.
\nBy die span ingesluit is Springbokke Cornal Hendricks (senter) en Embrose Papier (skrumskakel) sowel as die ervare spelers Victor Sekekete (slot), Nama Xaba (losvoorspeler), Clayton Blommetjies (heelagter) en Robert Ebersohn (senter).
\nVerlede jaar het die Carling Kampioenespan Kenia by Loftus Versfeld in Pretoria gewen. Spelers wat Saterdag weer sal speel is WP se Xaba en die Vodacom Bulls se Keagan Johannes (skrumskakel) en Simphiwe Matanzima (stut).
\nDie kaptein is nog nie gekies nie. Stem vir jou keuse by *120*660*unieke kode# of via Facebook Messenger.
\nDie afskop Saterdag is om 19:45 by die Nelson Mandelabaai-stadion en regstreeks op SuperSport.
\nIntussen stroom gelukwensings in vir die span. Die Mpumalanga premier, Refilwe Mtshweni-Tsipane, beskryf dit as \u2018n oorwinning vir inwoners van die provinsie en rugby.
\nVolgens die VF Plus dien dit as \u2018n bewys dat die krag van sport nooit onderskat kan word nie.
\n