{"id":14118,"date":"2022-06-24T14:31:34","date_gmt":"2022-06-24T12:31:34","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=14118"},"modified":"2022-06-24T14:31:34","modified_gmt":"2022-06-24T12:31:34","slug":"ondersteun-die-pumas-saterdag-hier","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/ondersteun-die-pumas-saterdag-hier\/","title":{"rendered":"Ondersteun die Pumas Saterdag hier"},"content":{"rendered":"

Sluit m\u00f4re aan by een van die Puma-ondersteunersparke vir die Curriebeker-eindstryd. Ja, daar is beurtkrag by jou huis, maar by Mbombela-stadion sal die groot skerm werk. Dit is onder dak, en jy kan jou gazebo opslaan en jou maatskappy handelsmerk uitstal om jul ondersteuning te wys.
\nKom braai en geniet die biertent. Daar is vermaak vir die jongspan. Toegang is gratis. Hekke open om 11:00.
\nDie skool met die grootste gees word ook R5 000 ryker.
\nAnder Puma-ondersteunersparke is by Jock in Nelspruit, PhatBoyz in Witrivier, Loggers in Sabie en Diggers in Lydenburg.
\nDie wedstryd word ook met regstreekste kommentaar van Radio Rugby uitgesaai op 100.5FM met direkte oorskakelings na die 100.5FM-spanne by die stadion, Jock en PhatBoyz. Die afskop is om 15:00.
\nOnthou ook om jou voorspelling vir die telling te stuur na 061-496-4323 om \u2018n kans te staan om \u2018n ondersteunerstrui wat deur die Pumaspan geteken is, R500 Crown National geskenkbewys, en biltong te wen.<\/p>\n\n\t\t