{"id":14006,"date":"2022-06-20T12:51:38","date_gmt":"2022-06-20T10:51:38","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=14006"},"modified":"2022-06-20T13:46:32","modified_gmt":"2022-06-20T11:46:32","slug":"pumas-eerste-keer-deur-na-curriebeker-finaal","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/pumas-eerste-keer-deur-na-curriebeker-finaal\/","title":{"rendered":"Pumas eerste keer deur na Curriebeker-finaal"},"content":{"rendered":"

Die Pumas gaan die naweek vir die eerste keer ooit in ‘n Curriebeker-eindstryd speel. Hulle het Saterdagmiddag ‘n opwindende halfeindstryd-oorwinning teen die Cheetahs in Bloemfontein behaal deur ‘n agterstand van 11 punte binne die laaste vier minute uit te wis en met 38-35 te wen.
\nDie Pumas kom nou Saterdag om 15:00 teen die Griekwas in Kimberley te staan wat op hul beurt die verdedigende kampioene, die Bulle, Vrydag op Loftus met 30-19 geklop het.\u00a0
\nDit is die Griekwas se eerste Curriebeker-eindstryd sedert 1970.
\nDie Pumas se Jimmy Stonehouse en Marius van Rensburg het met die Ontbyt-span gesels oor wat dit vir die pienktruie beteken. Luister weer hier.
\n