{"id":13920,"date":"2022-06-14T16:32:54","date_gmt":"2022-06-14T14:32:54","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=13920"},"modified":"2022-06-14T16:39:43","modified_gmt":"2022-06-14T14:39:43","slug":"premier-sit-begrotingsprioriteite-uiteen","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/premier-sit-begrotingsprioriteite-uiteen\/","title":{"rendered":"Premier sit begrotingsprioriteite uiteen"},"content":{"rendered":"

Die premier van Mpumalanga, Refilwe Mtshweni-Tsipane, het vanoggend haar begroting vir die huidige boekjaar in die wetgewer ter tafel gel\u00ea. Die Jeugontwikkelingsfonds is verlede jaar op die been gebring om werkloosheid onder die jeug in die provinsie teen te werk, deur geld te bewillig vir hul ondernemings.
\nR90 miljoen is verlede jaar daarvoor opsy gesit. \u2018n Totaal van 64 aansoeke is goedgekeur en R81,95 miljoen is goedgekeur en aan die Mpumalanga-agentskap vir ekonomiese groei (MEGA) toevertrou vir verspreiding. Tot op hede is R59,7 miljoen (72%) daarvan aan 55 ondernemings versprei.
\n