{"id":13658,"date":"2022-06-01T11:07:41","date_gmt":"2022-06-01T09:07:41","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=13658"},"modified":"2022-06-03T15:03:17","modified_gmt":"2022-06-03T13:03:17","slug":"bloedbank-help-om-honde-renosters-te-red","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/bloedbank-help-om-honde-renosters-te-red\/","title":{"rendered":"Bloedbank help om honde, renosters te red"},"content":{"rendered":"

Dit was \u2018n Kersdag en dr. Marita Raath was die veearts op roep, toe sy \u2018n baie siek hond moes help wat bloed nodig gehad het.
\n\u201cDit was baie moeilik om \u2018n geskikte skenker vinnig by die praktyk te kry, en die hond het baie dringend bloed nodig gehad,\u201d s\u00ea sy.
\nDaar het sy besef hoeveel makliker dit sou wees as veeartse hondbloed in hul yskaste kon hou vir noodgevalle. So is die Lowveld Blood Bank gebore.
\nHulle samel ook renosterbloed in, wanneer \u2018n renoster in die veld gepyl word vir welke rede, vir gebruik deur Care for Wild se renosterwesies. Hulle benodig soms plasma, veral as hulle nie genoeg biesmelk by die koei kon drink nie. Dit help hulle ook om nie bakteri\u00eble infeksies te kry nie.
\nSy het vir Mireille vertel hoe dit alles werk. Luister weer hier.
\n