{"id":13558,"date":"2022-05-05T09:51:20","date_gmt":"2022-05-05T07:51:20","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=13558"},"modified":"2022-05-31T08:33:14","modified_gmt":"2022-05-31T06:33:14","slug":"familie-se-hillary-gardee-is-in-agterkop-geskiet","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/familie-se-hillary-gardee-is-in-agterkop-geskiet\/","title":{"rendered":"Familie s\u00ea Hillary Gardee is in agterkop geskiet"},"content":{"rendered":"

Die polisie in Mpumalanga s\u00ea hulle gaan in geen stadium van hul ondersoek na die moord op Hillary Gardee (28) inligting openbaar maak nie. Dit volg na hulle skerp gekritiseer is deur die Gardee-familie en die EFF omdat hulle glo aanvanklik op die toneel \u2018n koe\u00eblwond agter haar kop misgekyk het.
\nDie dogter van die voormalige sekretaris-generaal van die party, Godrich Gardee, is Dinsdagoggend naby die R532 tussen Mbombela en Sabie ontdek deur plantasiewerkers wat op pad werk toe was.
\nSy is Vrydagmiddag laas by Nelspruit Plaza in die middedorp gesien. Haar driejarige aangenome dogter was by haar, en is ure later ongedeerd gevind naby hul huis in Kamagugu.
\nHillary is Saterdag as vermis aangegee deur die familie, wat \u2018n beloning van R100 000 aangebied het vir inligting oor haar verdwyning.
\nDie polisie het aanvanklik bevestig dat sy kneusplekke aan haar liggaam gehad het. Die woordvoerder van die Gardee-gesin, Sinawo Thambo, s\u00ea hulle het geen vertroue in die polisie nie, omdat die koe\u00eblwond eers tydens die nadoodse ondersoek gevind is.
\n\u201cDit dui op nalatigheid en dat hulle die toneel nie deeglik ondersoek het nie,\u201d s\u00ea hy. \u201cDit laat ons bekommerd dat die polisie die saak nie ernstig opneem nie.\u201d
\nThambo s\u00ea verder R1 300 is uit haar bankrekening onttrek in die ure nadat sy vermis geraak het.
\nPolisiewoordvoerder, kol. Donald Mdluli, s\u00ea hulle kommunikeer hul vordering aan haar familie wat dit openbaar kan maak.
\n