{"id":13322,"date":"2022-04-13T16:02:44","date_gmt":"2022-04-13T14:02:44","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=13322"},"modified":"2022-04-13T16:02:44","modified_gmt":"2022-04-13T14:02:44","slug":"op-my-eish-2-beloof-avontuur-trane-en-verrassings","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/op-my-eish-2-beloof-avontuur-trane-en-verrassings\/","title":{"rendered":"‘Op my eish! 2’ beloof avontuur, trane en verrassings"},"content":{"rendered":"

Die tweede seisoen van Op my eish!<\/em> met plaaslike boorling, Francois Jacobs as die hubare losloper was liefde soek, skop Donderdag, 14 April, op kykNET af.
\nHy kies aanvanklik 15 vroue om beter te leer ken, en n\u00e1 blitsafsprake moet hy ongelukkig reeds in episode een vir drie van hulle totsiens s\u00ea.
\nDie realiteitstelevisiereeks is gedeeltelik in die Laeveld verfilm, in en om sy tuisdorp, Mbombela en sluit baie avontuurlustige aktiwiteite in, iets waarvoor Jacobs \u2018n voorliefde het.
\nDie 13 episodes beloof gebroke harte, beserings, onverwagse bekendstellings en skokonthullings. Daar is natuurlik ook baie lag, veral met sy wingman<\/em>, komediant Schalk Bezuidenhout in die omtrek.
\nJacobs s\u00ea kykers kan ook verwag om self verlief te raak op elke deelnemer. Hy wil egter nie verklap of hy aan die einde liefde gevind het nie.
\n\u201cEk het regtig nie geweet waarvoor ek myself inlaat nie,\u201d voeg hy by.
\nHy het vir Ludi meer vertel. Luister weer hier:
\n