{"id":13319,"date":"2022-04-12T16:54:31","date_gmt":"2022-04-12T14:54:31","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=13319"},"modified":"2022-04-12T16:54:31","modified_gmt":"2022-04-12T14:54:31","slug":"ysterpenrowers-slaan-toenemend-toe-in-laeveld","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/ysterpenrowers-slaan-toenemend-toe-in-laeveld\/","title":{"rendered":"Ysterpenrowers slaan toenemend toe in Laeveld"},"content":{"rendered":"
Die Komatipoort en Malalane gemeenskapspolisi\u00ebringsforums (GPF) het \u2018n waarskuwing uitgereik dat sogenaamde \u201cysterpenrowe” toeneem op die N4 in die Nkomazi-area.
\nVolgens voorsitter Mel Preddy word voorvalle aangemeld tot duskant Malalane, maar die meeste suksesvolle rooftogte is aangeteken op die sowat 50 km by Hectorspruit.
\nOmdat dit so \u2018n lang stuk pad is, is dit ook besonders moeilik om te patrolleer.
\nDie GPF’s het voorheen reeds gewaarsku oor gevalle in die omgewing van die Lebombo-grenspos, en daar is geruime tyd reeds gereelde probleme met die praktyk in die Middelburg en Witbank omgewings.
\nIn Nkomazi was daar net Maandagaand twee ernstige voorvalle.
\n\u2018n Taxi op pad na Mosambiek is tussen Hectorspruit en die Coopersdal-aansluiting deur ysterpenrowers tot stilstand gedwing. Passasiers is beroof. Die bestuurder kon vlug, maar is met \u2018n panga gekap en later dood aangetref.
\nTwee passasiers was aanvanklik vermis, maar het sedert by polisiestasies aangemeld.
\nDaar word geskat dat tussen 15 en 20 gewapende aanvallers na vermoede betrokke was.
\nDieselfde tyd is \u2018n begrafnisondernemer in dieselfde area ook beroof van sy persoonlike besittings.
\nPreddy s\u00ea dit is duidelik dat meer as een georganiseerde groep in die area aktief is, en veral snags.
\n\u201cDit is daarom hoogs gevaarlik om na donker op die N4 te reis tussen Malalane en Komatipoort en dit moet vermy word, indien moontlik,\u201d s\u00ea hy. <\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"
Skakel in op 100.5FM vir plaaslike nuus op jou radio. <\/p>\n","protected":false},"author":14,"featured_media":13321,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_mi_skip_tracking":false,"_exactmetrics_sitenote_active":false,"_exactmetrics_sitenote_note":"","_exactmetrics_sitenote_category":0},"categories":[5,8],"tags":[2626,153,87,2627,100,272,116,2628],"yoast_head":"\n