{"id":13256,"date":"2022-03-28T11:44:26","date_gmt":"2022-03-28T09:44:26","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=13256"},"modified":"2022-03-28T11:44:26","modified_gmt":"2022-03-28T09:44:26","slug":"polisie-bekommerd-oor-aanvalle-op-beamptes","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/polisie-bekommerd-oor-aanvalle-op-beamptes\/","title":{"rendered":"Polisie bekommerd oor aanvalle op beamptes"},"content":{"rendered":"

Die Mpumalanga polisiekommissaris, luit. gen. Semakaleng Manamela, is bekommerd dat polisielede toenemend deur kriminele geteiken word.
\nGisteraand is \u2018n 24-jarige man en 26-jarige vrou aangekeer na hulle op die polisie geskiet het, terwyl hulle probeer vlug het van \u2018n winkelsentrum naby Calcutta waar hulle na bewering \u2018n roof wou uitvoer.
\nHul motorband is raakgeskiet wat hulle forseer het om te stop. Beide is gewond en ontvang tans behandeling.
\nPolisiewoordvoerder, brig. Selvy Mohlala, s\u00ea hulle sal aangekla word van die onwettige besit van \u2018n vuurwapen en ammunisie terwyl die vuurwapen forensies getoets word.
\n\u2018n 25-jarige vrou is ook gearresteer nadat \u2018n polisiebeampte se dienspistool Sondagmiddag in haar huis in Shatale naby Bosbokrand gevind is.
\nVolgens die polisie was die polisiebeampte in die vroe\u00eb oggendure op pad na Shatale toe hy en sy metgesel by \u2018n poskantoor gestop het.
\nTwee mans, waarvan een aan die beampte bekend is, het te voorskyn gekom en die beampte se dienspistool gegryp en gevlug.
\nDie wapen is na die vrou se huis gespeur. Die twee mans word gesoek.
\n\u2018n Mannejag is ook geloods na sowat agt verdagtes wat Vrydagoggend betrokke was by die skietdood van sers. Enok Themba Nsimba (37).
\nHy is noodlottig gewond toe die polisie reageer het op ‘n wenk oor ‘n saamtrek van 15 vermeende kriminele by ‘n gastehuis in Kabokweni.
\nSes verdagtes is aangekeer en sal vandag in die hof verskyn.
\n