{"id":13231,"date":"2022-03-22T13:18:01","date_gmt":"2022-03-22T11:18:01","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=13231"},"modified":"2022-05-26T13:48:59","modified_gmt":"2022-05-26T11:48:59","slug":"nellies-atlete-skitter-by-nasionale-byeenkomste","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/nellies-atlete-skitter-by-nasionale-byeenkomste\/","title":{"rendered":"Nellies-atlete skitter by nasionale byeenkomste"},"content":{"rendered":"
Ho\u00ebrskool Nelspruit (NHS) se Juan\u00e9 le Roux het nie minder nie as drie nuwe nasionale rekords opgestel by die Toyota SASAPD Kampioenskappe.
\nDie kampioenskappe vir atlete met gestremdhede vind vanjaar in Ekurhuleni plaas en loop vandag ten einde.
\nLe Roux, \u2018n gr. 9-leerling, het nuwe rekords opgestel in al haar worpe. In spiesgooi het sy die SA rekord van 11.80 m na 26.60 m verbeter, in diskus van 15.53 m tot 28.57 m en in gewigstoot van 6.78 m tot 9.96 m.
\nBy die SA Skole-atletiekkampioenskappe het Ashley Erasmus (m.17) die naweek die toekenning vir beste meisies veldatleet ingepalm.
\nVolgens afrigter DP Badenhorst het sy die gewigstoot met \u2018n afstand van 18,42 m gewen om \u2018n rekord op te stel vir die byeenkoms. Sy het ook die skyfwerp met \u2018n afstand van 48.52 m gewen en in beide items die voltal 2 000 punte op die ASA-tabel verdien.
\nDie skool se Shanese de Clerq (m. 17) het ook goud gewen met \u2018n hoogspring poging van 1,75 m.
\nEen van die skool se ander toppresteerders was Handr\u00e9 van der Merwe (s.19) wat tweede was in die 400 meter hekkies.
\nDie volgende groot atletiekbyeenkoms begin op 31 Maart.
\nFoto: Andries Kruger<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"
Skakel in op 100.5FM vir plaaslike nuus. <\/p>\n","protected":false},"author":14,"featured_media":13232,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_mi_skip_tracking":false,"_exactmetrics_sitenote_active":false,"_exactmetrics_sitenote_note":"","_exactmetrics_sitenote_category":0},"categories":[396,172,2672],"tags":[1609,1489,757,175,2155,228,899,2597],"yoast_head":"\n