{"id":13080,"date":"2022-03-01T13:14:21","date_gmt":"2022-03-01T11:14:21","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=13080"},"modified":"2022-03-01T13:15:36","modified_gmt":"2022-03-01T11:15:36","slug":"robbies-en-witrivier-se-nee-vir-boeliegedrag","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/robbies-en-witrivier-se-nee-vir-boeliegedrag\/","title":{"rendered":"Robbies en Witrivier s\u00ea nee vir boeliegedrag"},"content":{"rendered":"

Ho\u00ebrskool Rob Ferreira en Laerskool Witrivier het hande gevat om ‘n teenboelieveldtog van stapel te stuur.
\nWillem Engelbrecht, wat saam met sy broer Jo Black die “Be That Guy\/Girl”-inisiatief begin het, het gister by die skole met leerlinge en ouers oor boeliegedrag gepraat.
\nLoanette Caknis van Rob Ferreira s\u00ea hul doel is om beide die slagoffers en boelies te help. Hulle hoop ook dit kring uit na ander skole.
\n\u201cSkole wil nie s\u00ea daar is \u2018n probleem nie, maar ek dink dit is by alle skole,\u201d s\u00ea sy.
\nDie veldtog is tot 17 Maart en verskeie aktiwiteite word daarvoor beplan.
\nDie Robbies-hoofleiers, Peter Quinn en Simon\u00e9 de Beer, het saam met Laerskool Witirivier se Marn\u00e9 Pretorius en Jeff Badenhorst daaroor kom gesels in die ateljee. Luister weer hier na die gesprek.
\n